Die aansoek om ledegeldsubsidie moet betrekking hê op ’n bestaande lid wat aktief aan Die Voortrekkers se aktiwiteite deelneem, maar weens finansiële beperkings nie in staat is om die ledegeld vir die betrokke jaar te betaal nie.
Uit die motivering moet dit duidelik blyk dat nóg die gemeenskap, nóg die Voortrekkerkommando oor die vermoë beskik om die lid finansieel te ondersteun. Die motivering moet ook ’n omvattende en duidelike oorsig van die lid se omstandighede bied.