PV-Kamp 2025

Kampbesonderhede

Alle Presidentsverkenner-kandidate van 2025 word hartlik na die PV-Kamp 2025 genooi wat deur Leeuwenveld Voortrekkers aangebied word. Hierdie besonderse afrondingsgeleentheid beloof om die hoogtepunt van jou Presidentsverkenner-reis te wees.

Inskrywings maak op Saterdag 17 Mei 2025 oop. Die sperdatum vir alle inskrywings is Saterdag 31 Mei 2025.

Die kostes vir hiérdie kamp is as volg vasgestel:

  • Leeuwenveld-kandidate: R650
  • Ander kandidate: R750
  • Volwasse fasiliteerders: R450

Betalings word slegs aan Leeuwenveld Voortrekkers gemaak deur middel van inbetalings in die volgende bankrekening:

Rekening: Leeuwenveld Voortrekkers
Bank: Investec
Rekeningnommer: 50017341584
Takkode: 580105
Verwysing: Die kandidaat se Voortrekkerlidnommer soos op SAS

Enige navraag rakende die PV-Kamp 2025 moet aan die kampleier, Jaco van der Walt gerig word by 072 312 7722 of jaco.vn.dr.walt@gmail.com.