Hiermee word alle Gr. 7 Penkoppe en Drawwertjies, wat aan die Voorslagproses deelneem, hartlik uitgenooi na die Voorslagkamp@Hartbeesfontein.
Met trots gesamentlik aangebied deur:
Leeuwenveld Voortrekkers
Bergenbos Voortrekkers
Oosterlijn Voortrekkers
Oosvaal Voortrekkers
Kampbesonderhede
KOSTE: R620 per persoon (kandidate en volwassenes)
BEGIN: Vrydag 6 September 2024 om 16:00
EINDIG: Sondag 8 September 2024 om 12:30
PLEK: Hartbeesfontein Voortrekkerkampterrein
Inskrywings
PROSEDURE:
- Klik hier om in te skryf: https://skryfin.voortrekkers.co.za/?kampID=851.
- Tik die persoon se lidnommer en van in.
- Gaan die persoon se besonderhede deeglik na: Maak seker al die kontakinligting is reg en die mediese besonderhede volledig en akkuraat.
- Maak seker dat u die nodige opsies kies.
- Dien die inskrywing in. SAS sal dan ’n bevestiging per e-pos aan u stuur.
- Gaan die inskrywing se besonderhede na. Indien daar ’n fout ingesluip het, stuur ’n e-pos aan admin@leeuwenveld.voortrekkers.co.za.
- Gebruik die besonderhede wat op die kennisgewing gegee is, om die betaling te maak. Maak asseblief seker dat u die verwysingsnommer gebruik, soos op die bevestiging gegee is.
- Stuur die bewys van betaling aan admin@leeuwenveld.voortrekkers.co.za.
LET ASSEBLIEF OP DIE VOLGENDE:
- ’n Persoon is slegs ingeskryf wanneer die inskrywing deur SAS ontvang is en die volledige bedrag in Leeuwenveld Voortrekkers se bankrekening wys.
- Alle inskrywings en betalings moet teen Vrydag 23 Augustus 2024 om 23:00 afgehandel wees.
- Indien daar uitsonderlike omstandighede is, wat u verhoed om die inskrywingsproses af te handel, stuur ’n e-pos aan admin@leeuwenveld.voortrekkers.co.za om ’n reëling te tref.
- Waar betalings agterstallig is, sal ons direk met u kontak maak en die betrokke kommando by hierdie korrespondensie insluit.
BANKBESONDERHEDE:
Rekeninghouer: Die Voortrekkers: Leeuwenveld
Banknaam: Investec
Rekeningtipe: Lopende Rekening
Rekeningnommer: 50017341584
Takkode: 580105
Verblyf en Vervoer
VERBLYF
Voorslagkandidate moet asseblief hulle eie tente saambring. Kandidate van verskillende geslagte sal nie toegelaat word om ’n tent te deel nie. Volwassenes het die opsie om te kies tussen eie verblyf of om by ’n kamer ingedeel te word.
VERVOER
Almal moet asseblief self hulle vervoer na en van die kamp reël.
Benodighede en Inpaklys
Voorslagkandidate
- Formele en aktiewe Voortrekkerdrag met die korrekte warmdrag (donkerblou baadjie sonder enige geskryf, ander kleure of patrone daarop)
- Gemaklike skoene
- Ontspanningsdrag (Saterdag hou ons sokkie)
- Swemklere en handdoek
- Bordesak
- Slaapgoed (slaapsak, kussing, kombers, ens.)
- Flits met batterye
- Badsakkie met al die benodighede
- Bybel
- Notaboekie en pen/potlood
- Sonbrandroom en insekweermiddel
- Reënjas
- Al die benodighede of hulpmiddels wat jy vir jou speletjie nodig het plus die bladsy waarop jy verduidelik hoe dit werk
- Dagrugsak
- Tent
Volwassenes
- Formele en aktiewe Voortrekkerdrag met die korrekte warmdrag (donkerblou baadjie sonder enige geskryf, ander kleure of patrone daarop)
- Gemaklike skoene
- Ontspanningsdrag
- Swemklere en handdoek
- Bordesak
- Slaapgoed (slaapsak, kussing, kombers, ens.)
- Flits met batterye
- Badsakkie met al die benodighede
- Bybel
- Sonbrandroom en insekweermiddel
- Tent of karavaan (indien die volwassene nie in ‘n kamer gaan slaap nie)
- ‘n Clipboard om op te skryf en ‘n pen om mee te skryf
Navrae en Kommunikasie
Klik hier om by ons Voorslag@Hartbeesfontein Whatsapp-gemeenskap aan te sluit en sodoende van alle reëlings en kennisgewings rakende hierdie kamp op hoogte te bly. Jy kan ook die QR-kode hieronder skandeer met u toestel.
Indien u ’n spesifieke navraag het, kan u dit hieronder in tik en aan ons stuur. Ons sal poog om spoedig daaraan aandag te gee.
Algemene navrae insake die Voorslagproses en die program wat gedurende die Voorslagkamp@Hatebeesfontein gevolg word, kan aan die Adjunkgebiedsleier [Penkoppe en Drawwertjies] van Leeuwenveld Voortrekkers gerig word, AGL Joan Smith by pds@leeuwenveld.voortrekkers.co.za.
Navrae insake die Voorslagkamp@Hartbeesfontein se bedryf, kan aan die Gebiedsleier van Leeuwenveld Voortrekkers gerig word, GL Willie Wagner by gebiedsleier@leeuwenveld.voortrekkers.co.za.
Navrae insake die Voorslagkamp@Hartbeesfontein se administrasie en inskrywings, kan aan die Adjunkgebiedsleier [Administrasie] van Leeuwenveld Voortrekkers gerig word, AGL Willem Scholtz by admin@leeuwenveld.voortrekkers.co.za.